KOEKSISTERS MET WARM STROOP

KOEKSISTERS MET WARM STROOP - 4aKid

Ek kry hierdie koerant uitknipsel van 1947 tussen my Oorl. Mammie se resepte.

Bestanddele:

  • 2 koppies meelblom
  • 1 woestynpel bakpoeier (12,5 ml)
  • 1 desertlepel suiker (12,5 ml)
  • 1 woestynbotter (12,5 ml)
  • 1 eier
  • Knippie sout
  • ¾ koppie melk
  • Olie vir gaarmaak

Aanwysings:

  • Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, gooi dan die bakpoeier en suiker by. Maak aan met melk waarin die eier geklits is. Meng goed en laat rus die deeg.(uur of langer as jy tyd het)
  • Rol die deeg uit, sny en vleg. Moenie deeg teveel hanteer en rek nie….
  • Bak in warm olie tot ligbruin.

Stroop

  • 4 koppies suiker
  • 2 koppies water
  • 1 eetl goue stroop
  • Knippie wynsteensuur

Kook die bestanddele saam vir 5 min en dompel die warm koeksisters in die warm stroop. Haal uit en laat koud woord vir bediening. Bere in die vrieskas en bedien yskoud

Nota:

Kan ook bietjie suurlemoensap by die stroop sit nadat dit klaar gekook het, om die so bietjie te breek, begin maar deur so 30 ml en proe, moenie teveel insit nie.

– Wou vinnig koeksisters bak, nie tyd gehad vir my gewone resep nie. Hierdie resep van julle probeer en dit is absoluut awesome. Ek het 15 ml suurlemoensap by stroop bygevoeg. Deeg is baie pap, so ek het baie meel vir uitrol gebruik. Sal dit beslis weer maak.

Sluit aan by Ons Resepte Nuusbrief

Los kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word gemerk met *

Let asseblief daarop dat kommentare goedgekeur moet word voordat hulle gepubliseer word

Sybalk

Blogkategorieë

Hierdie afdeling sluit tans geen inhoud in nie. Voeg inhoud by hierdie afdeling deur die sybalk te gebruik.

Onlangse plasing

Hierdie afdeling sluit tans geen inhoud in nie. Voeg inhoud by hierdie afdeling deur die sybalk te gebruik.

Blog-etikette