AARBEIE KAASKOEK ROOMYSTERT MET SOMERVRUGTE

STRAWBERRY CHEESECAKE ICE-CREAM TART WITH SUMMER FRUIT - 4aKid

Prentjie-perfekte Strawberry Cheesecake Roomys Tert – heerlik!

Strawberry Cheesecake Roomys Tert is 'n perfekte somernagereg. Jou gesin, sowel as jou gaste, sal van hierdie verfrissende nagereg hou.

BESTANDDELE:

Aarbei Kaaskoek Roomys Basis
  • 250ml room
  • 250ml melk
  • druk suurlemoensap uit, na smaak
  • 8ml vanieljegeursel
  • 230g badroomkaas, by kamertemperatuur
  • 125ml strooisuiker
  • 200g aarbeie, grof gekap

Beskuitjie basis

  • 200g pakkie Tennisbeskuitjies
  • 100 g botter, gesmelt
  • seisoenale vrugte, om te versier

METODE:

Roomys basis

  • Blits die room, melk, suurlemoensap, vanielje, roomkaas, suiker asook die helfte van die aarbeie saam tot glad. Roer oorblywende aarbeie by en vries vir sowat 8 uur. Klits elke uur om yskristalle op te breek totdat 'n sagte roomys vorm.

Beskuitjie basis

  • Smeer 'n ronde tertpan van 28 cm. Blits die beskuitjies tot fyn krummels vorm. Voeg botter by en meng dan om te kombineer. Druk die mengsel in die basis en ook die kante van die voorbereide blik vas. Vries vir sowat 1 uur of tot ferm.

Monteer

  • Gooi die sagte roomys in die beskuitjiebasis en vries dan vir minstens 4 uur of oornag tot ferm. Sit die kaaskoek voor met seisoenale vrugte.

Vries die roomysbasis heeltemal en dien in keëls as variasie.

Bron: Jou Familie

Los kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word gemerk met *

Let asseblief daarop dat kommentare goedgekeur moet word voordat hulle gepubliseer word

Sybalk

Blogkategorieë

Hierdie afdeling sluit tans geen inhoud in nie. Voeg inhoud by hierdie afdeling deur die sybalk te gebruik.

Onlangse plasing

Hierdie afdeling sluit tans geen inhoud in nie. Voeg inhoud by hierdie afdeling deur die sybalk te gebruik.

Blog-etikette